horingvlies [boodskap #138931] |
Wed, 16 February 2022 19:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
horingvlies
Afbreking: ho•ring•vlies
Samestelling: horing + vlies
Selfstandige naamwoord: horingvlies
Meervoud: horingvliese
Verkleinwoord: horingvliesie
Meervoud van verkleining: horingvliesies
Betekenis:
• Buitenste vlies om die oogbal wat aan die voorkant deursigtig is.
Gebruik:
• Die horingvlies en lens werk saam om ligstrale op die retina aan die agterkant van die oog te fokus.
Sinoniem:
• kornea
Afgelei:
• horingvliesoorplanting
• horingvliesontsteking
• horingvliesvlek
Vertaling:
Engels: cornea
Nederlands: hoornvlies
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|