toerusting [boodskap #138928] |
Tue, 15 February 2022 14:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toerusting
Afbreking: toe•rus•ting
Samestelling: toerus + -ting
Selfstandige naamwoord: toerusting
Meervoud: toerustinge, toerustings
Betekenis:
• Dit waarmee iemand toegerus is om 'n taak te verrig; benodigdhede; mondering.
• Die handeling van toerus.
Gebruik:
• Wat se toerusting het ek nodig om die berg Everest te klim?
• Die toerusting van die soldate het langer geneem wat oorspronklik verwag is.
Hiponiem:
• hengeltoerusting
• kamptoerusting
• kombuistoerusting
• kommunikasietoerusting
• krygstoerusting
• noodhulptoerusting
• persoonlikheidstoerusting
• plaastoerusting
• randtoerusting
• rekenaartoerusting
• skoonmaaktoerusting
• standaardtoerusting
Afgelei:
• toerustingskrisis
Vertaling:
Engels: equipment, apparatus
Nederlands: toerusting
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|