obstruksie [boodskap #138923] |
Sun, 13 February 2022 20:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
obstruksie
Afbreking: ob•struk•sie
Selfstandige naamwoord: obstruksie
Meervoud: obstruksies
Verkleinwoord: obstruksietjie
Meervoud van verkleining: obstruksietjies
Betekenis:
• Iets wat deurgang belemmer.
• 'n Hindernis of dwarsboming.
Gebruik:
• 'n Obstruksie van die derm is 'n mediese noodgeval.
• Die TV-skeidsregter het beslis dat daar obstruksie in die opbou tot die drie was.
Sinoniem:
• belemmering
• blokkering
• dwarsboming
• hindernis
• keerwal
• struikelblok
• versperring
• verstopping
• verydeling
Vertaling:
Engels: obstruction
Nederlands: obstructie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|