blinddoek [boodskap #138900] |
Fri, 11 February 2022 14:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
blinddoek
Afbreking: blind•doek
Samestelling: blind + doek
Werkwoord: blinddoek
Verlede tyd: het geblinddoek
Betekenis:
• Om die oë met 'n doek/lap te verblind.
Gebruik:
• Die tronkbewaarders blinddoek die gevangenes met hulle aankoms sodat hulle nie die tronk se grondplan kan sien nie.
Vertaling:
Engels: to blindfold
Nederlands: blinddoeken
Selfstandige naamwoord: blinddoek
Meervoud: blinddoeke
Verkleinwoord: blinddoekie
Meervoud van verkleining: blinddoekies
Betekenis:
• Stuk materiaal wat om die oë gebind word.
Gebruik:
• As jy 'n blinddoek het kan ons blindemol speel.
Verwant:
• oogklap
Vertaling:
Engels: blindfold
Nederlands: blinddoek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|