Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » betekenisverdigting
betekenisverdigting [boodskap #138895] Thu, 10 February 2022 20:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
betekenisverdigting
Afbreking: be•te•ke•nis•ver•dig•ting
Samestelling: betekenis + verdigting


Selfstandige naamwoord: betekenisverdigting
Meervoud: betekenisverdigtinge, betekenisverdigtings

Betekenis:
• Kombinasie van 'n byvoeglike en 'n selfstandige naamwoord wat 'n gespesialiseerde betekenis gekry het en gevolglik aanmekaar as een woord geskryf word.

Gebruik:
• Geelwortel is 'n betekenisverdigting van geel (b.nw.) en wortel (s.nw.). 'n Geelwortel is 'n groentesoort, maar 'n "geel wortel" (twee woorde) is enige wortel wat geel is.

Vertaling:
Engels: compaction of meaning
Nederlands: betekenisverdichting

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: omslagtig
Volgende onderwerp: bladsybreuk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 08:27:25 UTC 2025