besinning [boodskap #138892] |
Thu, 10 February 2022 17:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
besinning
Afbreking: be•sin•ning
Samestelling: besin + -ing
Selfstandige naamwoord: besinning
Meervoud: besinninge, besinnings
Betekenis:
• Die handeling van besin; helder dink om tot 'n verstandige besluit te kan kom.
Gebruik:
• Kom tot besinning en moenie langer sonde doen nie. [1 Korintiërs 15:34]
Sinoniem:
• inkeer
• kentering
• nabetragting
• nadenke
• oordenking
• selfondersoek
Afgelei:
• geloofsbesinning
• selfbesinning
Vertaling:
Engels: contemplation, reflection
Nederlands: bezinning
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|