Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » beklemming
beklemming [boodskap #138890] Wed, 09 February 2022 12:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
beklemming
Afbreking: be•klem•ming
Samestelling: beklem + -ing


Selfstandige naamwoord: beklemming
Meervoud: beklemminge, beklemmings

Betekenis:
• Die handeling van klem; druk toepas.
• (figuurlik) Drukkende gevoel van benoudheid of om vasgedruk te word.

Gebruik:
• 'n Persoon met 'n beklemming in sy bors moet onmiddellik na noodgevalle gehaas word.
• Ja, met groot bekommernis en beklemming van hart, en onder baie trane, het ek aan julle geskrywe. [2 Korintiërs 2:4]

Sinoniem:
• benoudheid
• benouing
• drukking
• beklemdheid
• konstriksie
• vernouing

Afgelei:
• borsbeklemming
• breukbeklemming
• hartbeklemming

Vertaling:
Engels: constriction, depression
Nederlands: beklemming

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beklaenswaardig
Volgende onderwerp: beroepsveiligheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 08:04:01 UTC 2025