beklaenswaardig [boodskap #138889] |
Wed, 09 February 2022 10:16 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beklaenswaardig
Afbreking: be•kla•ens•waar•dig
Samestelling: bekla(ens) + waardig
Byvoeglike naamwoord: beklaenswaardig
Vergrotende trap: beklaenswaardiger
Oortreffende trap: beklaenswaardigste
Attributief: beklaenswaardige
Partitief: beklaenswaardigs
Betekenis:
• Wat bekla/bejammer kan word; medelye verdien.
Gebruik:
• Die toestand van ons paaie is beklaenswaardig.
Wisselvorm:
• beklagenswaardig
Sinoniem:
• bedroewend
• bejammerenswaardig
• beroerd
• ellendig
• klaaglik
• lamsalig
• treurig
• verdrietig
Antoniem:
• prysingswaardig
Vertaling:
Engels: deplorable, lamentable, pitiful
Nederlands: beklagenswaardig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|