klerk [boodskap #138879] |
Mon, 07 February 2022 19:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
klerk
Afbreking: klerk
Selfstandige naamwoord: klerk
Meervoud: klerke
Verkleinwoord: klerkie
Meervoud van verkleining: klerkies
Betekenis:
• Persoon wat administratiewe werk (in 'n kantoor, winkel, ens) verrig.
Gebruik:
• Die oneerlike klerk is afgedank. Die hardwerkende klerk is tot bestuurder bevorder.
Hiponiem:
• bankklerk
• begrotingsklerk
• bouklerk
• ekspedisieklerk
• faktuurklerk
• goedereklerk
• grootboekklerk
• hofklerk
• hoofklerk
• kantoorklerk
• landdrosklerk
• leerlingklerk
• loonklerk
• magistraatsklerk
• notarisklerk
• ontvangklerk
• prokureursklerk
• stadsklerk
• telegraafklerk
• tweedegraadsklerk
• verkoopklerk
• versendingsklerk
• winkelklerk
Afgelei:
• klerkamp
• klerkewerk
• klerklik
• klerklike
• klerkskap
• klerkwerk
Vertaling:
Engels: clerk, clerical staff
Nederlands: klerk, kantoorbediende
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|