bankkaart [boodskap #138873] |
Mon, 07 February 2022 09:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bankkaart
Afbreking: bank•kaart
Samestelling: bank + kaart
Selfstandige naamwoord: bankkaart
Meervoud: bankkaarte
Verkleinwoord: bankkaartjie
Meervoud van verkleining: bankkaartjies
Betekenis:
• Kaart van plastiek wat saam met 'n pinkode toegang tot jou bankrekenings gee.
Gebruik:
• As almal selfone het, hoekom betaal ons nog met bankkaarte?
Hiponiem:
• debietkaart
• kredietkaart
Vertaling:
Engels: bank card
Nederlands: bankkaart
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|