Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » denominasie
denominasie [boodskap #138871] Mon, 07 February 2022 08:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
denominasie
Afbreking: de•no•mi•na•sie


Selfstandige naamwoord: denominasie
Meervoud: denominasies
Verkleinwoord: denominasietjie
Meervoud van verkleining: denominasietjies

Betekenis:
• 'n Afgebakende klas of groep wat apart benoem is; iets wat deur naamgewing onderskei word.
• (ekonomie) Die kleingeld waarin 'n spesifieke geldeenheid verdeel is.
• (religie) 'n Godsdienstige groepering; sekte of kerkgenootskap met eie naam en karakter.

Gebruik:
• Maak seker dat die tjek in die denominasie van die land wat u gaan besoek uitgereik is.
• Hoekom is daar so baie Christen-denominasies? Watter denominasie verkondig dan dwaalleer?

Sinoniem:
• afbakening
• benaming

Verwant:
• denominatief

Vertaling:
Engels: denomination
Nederlands: denominatie

Nota:
• Van Latyn, denominatio, herbenaming.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bakleiery
Volgende onderwerp: ruilhandel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 09:05:49 UTC 2025