aromaties [boodskap #138865] |
Sun, 06 February 2022 09:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aromaties
Afbreking: a•ro•ma•ties
Samestelling: aroma + -ties
Byvoeglike naamwoord: aromaties
Vergrotende trap: aromatieser
Oortreffende trap: aromatiesste
Attributief: aromatiese
Betekenis:
• Wat lekker ruik; met 'n welriekend geur/aroma.
• (skeikunde) Verbinding van koolwaterstof wat een of meer koolstofringe bevat.
Gebruik:
• Die kruie is medisinaal en boonop aromaties ook.
• Benseen en naftaleen is aromatiese verbindings.
Sinoniem:
• geurig
• welriekend
Afgelei:
• aromatisiteit
Vertaling:
Engels: aromatic
Nederlands: aromatisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|