angorabok [boodskap #138859] |
Sun, 06 February 2022 06:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
angorabok
Afbreking: an•go•ra•bok
Samestelling: angora + bok
Selfstandige naamwoord: angorabok
Meervoud: angorabokke
Verkleinwoord: angorabokkie
Meervoud van verkleining: angorabokkies
Betekenis:
• Bok met 'n dik vag van syagtige hare wat baie soos 'n skaap lyk.
Gebruik:
• 'n Angorabok moet ongeveer twee keer per jaar geskeer word en lewer 3,5 tot 4,5 kilogram wol per skeersel.
Sinoniem:
• sybok
Vertaling:
Engels: angora goat
Nederlands: angorageit
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|