oogtand [boodskap #138857] |
Sat, 05 February 2022 20:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oogtand
Afbreking: oog•tand
Samestelling: oog + tand
Selfstandige naamwoord: oogtand
Meervoud: oogtande
Verkleinwoord: oogtandjie
Meervoud van verkleining: oogtandjies
Betekenis:
• Keëlvormige tand in die bokaak (en soms ook in die onderkaak) waarmee voedsel geskeur word.
Gebruik:
• Byna elke roofdier het 3 snytande en 1 goed ontwikkelde oogtand in elke kaakhelfte.
Sinoniem:
• hoektand
• slagtand
Vertaling:
Engels: eye-tooth, canine teeth
Nederlands: hoektand
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|