Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » waterbron
waterbron [boodskap #138849] Thu, 03 February 2022 19:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Warmwaterbron.
'n Warmwaterbron.
waterbron
Afbreking: wa•ter•bron
Samestelling: water + bron


Selfstandige naamwoord: waterbron
Meervoud: waterbronne

Betekenis:
• Plek waar water uit die grond uit borrel.
• Plek vanwaar water bekom word.

Gebruik:
• Twyfelfontein is 'n waterbron in die berge van Damaraland in Namibië.
• As gevolg van die droogte moes die dorp 'n alternatiewe waterbron soek.

Sinoniem:
• fontein
• watergat

Afgelei:
• staalwaterbron
• varswaterbron
• warmwaterbron

Vertaling:
Engels: spring
Nederlands: waterbron

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: seepglad
Volgende onderwerp: gevolgtrekking
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 09:08:56 UTC 2025