deernisvol [boodskap #138845] |
Thu, 03 February 2022 13:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
deernisvol
Afbreking: deer•nis•vol
Samestelling: deernis + vol
Byvoeglike naamwoord: deernisvol
Vergrotende trap: deernisvoller
Oortreffende trap: deernisvolste
Attributief: deernisvolle
Betekenis:
• Vol deernis; met diep meegevoel.
Gebruik:
• Sy was sag en deernisvol en het altyd tyd gemaak om na mense te luister.
Sinoniem:
• barmhartig
• jammerhartig
• mededoënd
• medelydend
• sagmoedig
• teerhartig
Vertaling:
Engels: compassionate
Nederlands: meelevend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|