dubbelsinnig [boodskap #138824] |
Sun, 30 January 2022 20:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dubbelsinnig
Afbreking: dub•bel•sin•nig
Samestelling: dubbel + sinnig
Byvoeglike naamwoord: dubbelsinnig
Vergrotende trap: dubbelsinniger
Oortreffende trap: dubbelsinnigste
Attributief: dubbelsinnige
Partitief: dubbelsinnigs
Betekenis:
• Wat twee (of meer) betekenisse het en dus verwarrend kan wees.
Gebruik:
• As die boodskap dubbelsinnig is, sal die troepe nie weet hoe om te reageer nie.
Sinoniem:
• meerduidig
• misleidend
• onduidelik
• onseker
• raaiselagtig
• twyfelagtig
• vaag
• veelsinnig
• verwarrend
Antoniem:
• duidelik
• ondubbelsinnig
Afgelei:
• dubbelsinnigheid
Vertaling:
Engels: ambiguous
Nederlands: dubbelzinnig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|