saamslaan [boodskap #138822] |
Sun, 30 January 2022 17:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
saamslaan
Afbreking: saam•slaan
Samestelling: saam + slaan
Werkwoord: slaan saam, saamslaan
Verlede tyd: het saamgeslaan
Betekenis:
• Om dinge met 'n slag bymekaar te bring.
• (figuurlik) Om iets vinnig/ met spoed te doen.
Gebruik:
• Elkeen wat daar verbykom, sal fluit van verbasing en sy hande saamslaan. [Sefanja 2:15]
• Ma het blitsig 'n ete uit oorskietkos saamgeslaan.
Spreekwoord:
• Die hande saamslaan. [Jou verbasing wys.]
Verwant:
• saambring
• saamflans
• saamsmelt
• saamsnoer
Vertaling:
Engels: to smite together, combine, merge, unite
Nederlands: samenvoegen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|