brandnetel [boodskap #138816] |
Sat, 29 January 2022 07:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
brandnetel
Afbreking: brand•ne•tel
Samestelling: brand + netel
Selfstandige naamwoord: brandnetel
Meervoud: brandnetels
Verkleinwoord: brandneteltjie
Meervoud van verkleining: brandneteltjies
Betekenis:
• Plant met haartjies wat die vel brand en erge juk veroorsaak, genus Urtica.
Gebruik:
• Die brandnetel wat in Suid-Afrika bekend is, is 'n onkruid wat van Europa afkomstig is.
Wisselvorm:
• brandnekel
Vertaling:
Engels: stinging nettle
Nederlands: brandnetel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|