boompadda [boodskap #138809] |
Fri, 28 January 2022 13:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
boompadda
Afbreking: boom•pad•da
Samestelling: boom + padda
Selfstandige naamwoord: boompadda
Meervoud: boompaddas
Verkleinwoord: boompaddatjie
Meervoud van verkleining: boompaddatjies
Betekenis:
• Klein soort padda wat die grootste deel van sy lewe in bome leef.
Gebruik:
• 'n Boompadda kan rats van die een boomtak na 'n ander spring en sy kleur soos 'n verkleurmannetjie verander om by sy omgewing in te smelt.
Vertaling:
Engels: tree frog, treefrog
Nederlands: boomkikker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|