madressa [boodskap #138798] |
Wed, 26 January 2022 09:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21013 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
madressa
Afbreking: ma•dres•sa
Uitspraak: /maˈdrɛ.sa/
Selfstandige naamwoord: madressa
Meervoud: madressas
Betekenis:
• 'n Islamitiese skool vir Moslems waar onderwys volgens die voorskrifte van die Koran geskied.
Gebruik:
• Die Kaapse Moslemgemeenskap begin reeds in 1793 met die Madrassa in Dorpstraat, Kaapstad.
Wisselvorm:
• madrassa
Sinoniem:
• Moesliemskool
• Moslemskool
Vertaling:
Arabies: مَدْرَسَة
Engels: madrasah, Islamic school
Nederlands: madrassa, medresse
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|