Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bedryfstelsel
bedryfstelsel [boodskap #138786] Tue, 25 January 2022 09:29
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21012
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
bedryfstelsel
Afbreking: be•dryf•stel•sel
Samestelling: bedryf + stelsel


Selfstandige naamwoord: bedryfstelsel
Meervoud: bedryfstelsels
Verkleinwoord: bedryfstelseltjie
Meervoud van verkleining: bedryfstelseltjies

Betekenis:
• (rekenaars) Sagteware wat die basiese werking van 'n rekenaar beheer.
• 'n Stelsel waarvolgens iets bedryf word.

Gebruik:
• Watter bedryfstelsel verkies jy, Linux of Windows?
• Die fabriek word volgens 'n gesonde en volhoubare bedryfstelsel bestuur.

Sinoniem:
• bedryfsisteem

Afgelei:
• rekenaarbedryfstelsel
• tyddeelbedryfstelsel

Vertaling:
Engels: operating system
Nederlands: besturingssysteem

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kasaterwater
Volgende onderwerp: bababed
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 12:20:23 UTC 2025