bohaai [boodskap #138784] |
Mon, 24 January 2022 17:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21013 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bohaai
Afbreking: bo•haai
Selfstandige naamwoord: bohaai
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Onnodige lawaai of gedoente.
Gebruik:
• Nee, mammie, moet asseblief nie 'n bohaai opskop nie!
Sinoniem:
• affêre
• gedoente
• geraas
• kabaal
• lawaai
• moles
• oorreaksie
• opskudding
• palawer
• petalje
• rumoer
Vertaling:
Engels: fuss, noise, upheaval
Nederlands: drukte
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|