oordenking [boodskap #138742] |
Wed, 19 January 2022 08:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21013 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oordenking
Afbreking: oor•den•king
Samestelling: oor + denk/dink + -ing
Selfstandige naamwoord: oordenking
Meervoud: oordenkinge, oordenkings
Betekenis:
• Die handeling om iets te oordink; nadink oor vroeëre gebeure.
Gebruik:
• C.J. Langenhoven se spreuke bevat genoeg pitkos vir ernstige oordenking.
Sinoniem:
• bepeinsing
• besinning
• inkeer
• konsiderasie
• kontemplasie
• meditasie
• nabetragting
• nadenke
• oorweging
Vertaling:
Engels: consideration
Nederlands: overdenking
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|