klugtig [boodskap #138737] |
Mon, 17 January 2022 12:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21012 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
klugtig
Afbreking: klug•tig
Samestelling: klug + -tig
Byvoeglike naamwoord: klugtig
Vergrotende trap: klugtiger
Oortreffende trap: klugtigste
Attributief: klugtige
Partitief: klugtigs
Betekenis:
• Wat grappig en snaaks is, soos 'n klugspel.
Gebruik:
• Die klugtige TV-reeks is 'n lekker skiet-skop-en-lekkerlag aksiedrama.
Sinoniem:
• grappig
• grapperig
• koddig
• komieklik
• komies
• lagwekkend
• verspot
Afgelei:
• klugtigheid
Vertaling:
Engels: farcical, droll, comical
Nederlands: kluchtig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|