wanhoop [boodskap #138736] |
Mon, 17 January 2022 12:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21013 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wanhoop
Afbreking: wan•hoop
Samestelling: wan- + hoop
Selfstandige naamwoord: wanhoop
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Ellendige toestand sonder hoop waarin 'n mens geen uitkoms meer sien nie.
Gebruik:
• Uit wanhoop het sy haar polse probeer sny.
Sinoniem:
• benoudheid
• desperaatheid
• depressie
• desperasie
• ellende
• hopeloosheid
• moedeloosheid
• nooddruftigheid
• radeloosheid
• somberheid
• swaarmoedigheid
• swartgalligheid
• verslaentheid
• vertwyfeling
Antoniem:
• hoop
Afgelei:
• wanhoopsdaad
• wanhoopskreet
• wanhopig
Vertaling:
Engels: despair, desperation, desolation
Nederlands: wanhoop
Werkwoord: wanhoop
Verlede tyd: het gewanhoop
Betekenis:
• Om in ellende en depressie te verval.
Gebruik:
• Hou moed en moenie wanhoop nie.
Vertaling:
Engels: to despair, suffer despair
Nederlands: wanhoop
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|