Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » genadig
genadig [boodskap #138728] Sat, 15 January 2022 20:57
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21013
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
genadig
Afbreking: ge•na•dig


Byvoeglike naamwoord: genadig
Vergrotende trap: genadiger
Oortreffende trap: genadigste
Attributief: genadige

Betekenis:
• Vol vergifnis en genade.
• Toegewend; nie streng nie.

Gebruik:
• Ek sal julle genadig wees, en daarom sal hy julle genadig wees en julle na julle land toe laat teruggaan. [Jeremia 42:12]
• Die juffrou was ons genadig en het ons meer tyd vir die werkopdrag gegee.

Sinoniem:
• barmhartig
• goedertieren
• goedgunstig
• goedhartig
• lankmoedig
• liefdevol
• mededoënd
• toegeeflik
• verdraagsaam
• vergewensgesind
• welwillend

Antoniem:
• genadeloos
• ongenadig

Afgelei:
• genadigheid
• genadiglik

Vertaling:
Engels: merciful; lenient, clement
Nederlands: genadig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kotter
Volgende onderwerp: ongehude
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 12:40:15 UTC 2025