Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » waardig
waardig [boodskap #138706] Tue, 11 January 2022 13:03
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21013
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
waardig
Afbreking: waar•dig


Byvoeglike naamwoord: waardig
Vergrotende trap: waardiger
Oortreffende trap: waardigste
Attributief: waardige
Partitief: waardigs

Betekenis:
• Wat respek, agting en eerbied (volgens waarde) verdien.
• Wat ernstig, deftig en formeel is.

Gebruik:
• Die prins het respek afgedwing en was waardig om die troon te bestyg.
• Tydens die erediens moet die dominee waardig geklee wees.

Sinoniem:
• eerbiedwekkend
• ontsagwekkend
• verdienstelik
• beheers
• deftig
• formeel
• plegtig
• statig

Antoniem:
• onwaardig

Hiperoniem:
• aanbevelenswaardig
• aanskouenswaardig
• afkeurenswaardig
• agtenswaardig
• bejammerenswaardig
• beklaenswaardig
• benydenswaardig
• besienswaardig
• beskouenswaardig
• betreurenswaardig
• bewonderenswaardig
• deerniswaardig
• eerbiedwaardig
• eenwaardig
• eerwaardig
• gedenkwaardig
• geldwaardig
• geloofwaardig
• hoogwaardig
• horenswaardig
• kredietwaardig
• lesenswaardig
• lofwaardig
• lugwaardig
• meerderwaardig
• meerwaardig
• meldenswaardig
• menswaardig
• merkwaardig
• minderwaardig
• navolgenswaardig
• noemenswaardig
• nuuswaardig
• ongeloofwaardig
• onpadwaardig
• opmerkenswaardig
• padwaardig
• prysenswaardig
• pryswaardig
• seewaardig
• strafwaardig
• verdoemenswaardig
• verhoogwaardig
• verlossingswaardig
• vermeldenswaardig
• vertrouenswaardig
• vloekwaardig
• volwaardig
• wetenswaardig

Afgelei:
• waardigheid
• waardiglik

Vertaling:
Engels: worthy, dignified; stately
Nederlands: waardig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aanloop
Volgende onderwerp: bekendmaak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 12:27:44 UTC 2025