dwingelandy [boodskap #138694] |
Sun, 09 January 2022 07:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21013 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dwingelandy
Afbreking: dwin•ge•lan•dy
Samestelling: dwingeland + -y
Selfstandige naamwoord: dwingelandy
Meervoud: dwingelandye
Betekenis:
• 'n Heerskappy wat deur dwang en geweld gekenmerk word.
Gebruik:
• Die land se bevolking het teen die wrede heerser se dwingelandy in opstand gekom.
• Maar ook politieke epogte, dinastieë en dwingelandye is verbygaande.
Sinoniem:
• despotisme
• onderdrukking
• skrikbewind
• tirannie
• verdrukking
Vertaling:
Engels: tyranny, oppression
Nederlands: dwingelandij
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|