duiwels [boodskap #138678] |
Tue, 04 January 2022 19:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21013 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
duiwels
Afbreking: dui•wels
Samestelling: duiwel + -s
Byvoeglike naamwoord: duiwels
Attributief: duiwelse
Betekenis:
• Soos of van die duiwel; boos, ellendig en vervloek.
Gebruik:
• Die musiek is duiwels!
Sinoniem:
• boos
• boosaardig
• demonies
• diabolies
• goddeloos
• satanies
• satanisties
Afgelei:
• duiwelsadvokaat
• duiwelsbek
• duiwelsbrood
• duiwelsdons
• duiwelsdood
• duiwelsdrek
• duiwelsgeloof
• duiwelskind
• duiwelsklou
• duiwelskos
• duiwelskuns
• duiwelskunste
• duiwelskunstenaar
• duiwelstabak
• duiwelsverering
• duiwelswerk
Vertaling:
Engels: devilish, diabolical
Nederlands: duivels
Bywoord: duiwels
Betekenis:
• In 'n hoë mate; baie erg.
Gebruik:
• Die kos was duiwels lekker!
Afgelei:
• verduiwels
Vertaling:
Engels: devilish
Nederlands: duivels
Selfstandige naamwoord: duiwel
Meervoud: duiwels
Verkleinwoord: duiweltjie
Meervoud van verkleining: duiweltjies
Betekenis:
• Meervoud van duiwel; meer as een duiwel.
Gebruik:
• Hoeveel duiwels is daar dan?
Vertaling:
Engels: devils
Nederlands: duivels
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|