Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aandryf
aandryf [boodskap #138669] Sun, 02 January 2022 18:48
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21013
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
aandryf
Afbreking: aan•dryf
Samestelling: aan + dryf


Werkwoord: dryf aan, aandryf
Verlede tyd: het aangedryf

Betekenis:
• Om in beweging te bring; vorentoe jaag.
• (figuurlik) Om aan te spoor.
• (ongewoon) Om drywend op 'n vloeistof te beweeg.
• (ongewoon) Om met 'n hamer vas te slaan.

Gebruik:
• Uitvinders het besef dat stoomenjins nie net treine nie, maar ook bote kan aandryf.
• Sy dryf my tot groter hoogtes aan.
• Ons herwin die stompe wat op die rivier aangedryf kom.
• Die vat se hoepels moet behoorlik aangedryf word.

Wisselvorm:
• aandrywe

Sinoniem:
• aandruk
• aanja
• aanjaag
• aanpor
• aanspoor
• vasslaan
• voortbeweeg
• voortdryf

Afgelei:
• aandryfas
• aandryfketting
• aandryfmeganisme
• aandryfmetode
• aandrywing

Vertaling:
Engels: to drive, power; to motivate; to arrive floating; to drive
Nederlands: aandrijven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skenker
Volgende onderwerp: afsterf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 12:25:44 UTC 2025