Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skenker
skenker [boodskap #138668] Sun, 02 January 2022 16:40
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21013
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
skenker
Afbreking: sken•ker
Samestelling: skenk + -er


Selfstandige naamwoord: skenker
Meervoud: skenkers
Verkleinwoord: skenkertjie
Meervoud van verkleining: skenkertjies

Betekenis:
• Iemand wat iets skenk/gee.

Gebruik:
• Donald Currie word onthou as die skenker van die Curriebeker in beide krieket en rugby.

Sinoniem:
• borg
• bydraer
• donateur
• filantroop
• geër
• gewer
• weldoener

Afgelei:
• beenmurgskenker
• bloedskenker
• orgaanskenker
• skenkergemeenskap
• skenkeruitputting
• skenkersvriendelik

Vertaling:
Engels: giver, donor, granter, endower
Nederlands: skenker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gemeenskaplik
Volgende onderwerp: aandryf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 12:27:48 UTC 2025