inhoudsmaat [boodskap #138665] |
Sun, 02 January 2022 07:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21012 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
inhoudsmaat
Afbreking: in•houds•maat
Samestelling: inhoud + -s- + maat
Selfstandige naamwoord: inhoudsmaat
Meervoud: inhoudsmate
Betekenis:
• 'n Eenheid (maat) vir die inhoud van 'n houer of ander ruimte.
Gebruik:
• Die liter is die metrieke inhoudsmaat.
Sinoniem:
• houvermoë
• ruimtemaat
• volume
Hiponiem:
• aam
• anker
• boesel
• efa
• emmer
• gallon
• gelling
• gomer
• hektoliter
• kiloliter
• liter
• milliliter
• mud
• skeepston
• skepel
Vertaling:
Engels: unit of volume
Nederlands: inhoudsmaat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|