miervreter [boodskap #138664] |
Sun, 02 January 2022 06:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21013 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
miervreter
Afbreking: mier•vre•ter
Samestelling: mier + vreter
Selfstandige naamwoord: miervreter
Meervoud: miervreters
Verkleinwoord: miervretertjie
Meervoud van verkleining: miervretertjies
Betekenis:
• 'n Dier wat hoofsaaklik miere en termiete vreet.
Gebruik:
• 'n Miervreter het meestal skubbe en 'n lang klewerige tong waaraan insekte vaskleef.
Sinoniem:
• miereter
Hiperoniem:
• skubdier
Hiponiem:
• erdvark
• ietermago (Kaapse miereter)
• mierysterdier
• mierystervark
Vertaling:
Engels: ant eater
Nederlands: miereneter
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|