losie [boodskap #138659] |
Fri, 31 December 2021 14:15 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21013 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
losie
Afbreking: lo•sie
Selfstandige naamwoord: losie
Meervoud: losies
Verkleinwoord: losie
Meervoud van verkleining: losie
Betekenis:
• 'n Eksklusiewe ruimte by 'n teater, stadion, ens. vanwaar die aksie dopgehou kan word.
• 'n Vereniging van Vrymesselaars, of die gebou waar hulle vergader.
Gebruik:
• Die maatskappy het hulle kliënte genooi om die rugby op Loftes in 'n losie te gaan kyk.
• Die Vrymesselaars het 'n streng hiërargie en elke losie word deur 'n grootlosie geborg.
Afgelei:
• grootlosie
• slawelosie
• teaterlosie
• vrymesselaarslosie
Vertaling:
Engels: box; lodge
Frans: loge
Nederlands: losie
Nota:
• Let op die verwantskap met "loods" (skuur), maar ook met die woord "losies" soos in "losieshuis" of "ek betaal losies" wat dui op 'n gebou, soos ook in vrymesselaarslosie: https://etymologiebank.nl/trefwoord/loge1
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|