welbehae [boodskap #138658] |
Fri, 31 December 2021 13:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21013 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
welbehae
Afbreking: wel•be•ha•e
Samestelling: wel + behae
Selfstandige naamwoord: welbehae
Meervoud: –
Betekenis:
• Die vreugde wat deur iets aangenaams veroorsaak word; gelukkige selftevredenheid.
Gebruik:
• Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het! [Lukas 2:14]
Sinoniem:
• aangenaamheid
• behaaglikheid
• euforie
• genoeë
• geluk
• genoeglikheid
• plesier
• saligheid
• satisfaksie
• vrede
• vreugde
Vertaling:
Engels: pleasure, happiness, euphoria
Nederlands: welbehagen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|