aanhitsing [boodskap #138651] |
Wed, 29 December 2021 15:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21013 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanhitsing
Afbreking: aan•hit•sing
Samestelling: aanhits + -ing
Selfstandige naamwoord: aanhitsing
Meervoud: aanhitsings
Betekenis:
• Die handeling om iemand aan te hits en op te sweep om iets te doen.
Gebruik:
• 'n Regter het beslis dat "Skiet die Boer" nie net haatspraak is nie, maar ook aanhitsing tot moord.
Sinoniem:
• aanblasing
• aansporing
• aanstigting
• aanvuring
• ophitsing
• opruiing
• opstoking
• opsweping
Vertaling:
Engels: incitement, instigation
Nederlands: aanhitsing
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|