Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skaapwagter
skaapwagter [boodskap #138637] Mon, 27 December 2021 09:04
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21013
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Skaapwagters wat skape aanjaag.
Skaapwagters wat skape aanjaag.
skaapwagter
Afbreking: skaap•wag•ter
Samestelling: skaap + wagter


Selfstandige naamwoord: skaapwagter
Meervoud: skaapwagters
Verkleinwoord: skaapwagtertjie
Meervoud van verkleining: skaapwagtertjies

Betekenis:
• Persoon wat skape oppas; skaapherder.
• Klein sangvoëltjie in die familie van vlieëvangers, genus Oenanthe.

Gebruik:
• Saul het boodskappers na Isai toe gestuur en gesê: "Stuur jou seun Dawid, die skaapwagter, na my toe." [1 Samuel 16:19]
• Ons het 'n skaapwagter in die Krugerwildtuin gesien.

Spreekwoord:
• Maak vir wolf skaapwagter. ['n Persoon oor wie self toesig gehou moet word, oor ander aanstel.]

Hiponiem:
• bergwagter
• bontskaapwagter
• Europese skaapwagter
• Isabellaskaapwagter
• Hoëveldskaapwagter
• vaalskaapwagter

Afgelei:
• skaapwagtersgoed

Verwant:
• beeswagter
• veeherder
• veewagter

Vertaling:
Engels: shepherd
Nederlands: schaapherder

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skaaf
Volgende onderwerp: pomologie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 12:34:36 UTC 2025