Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skaaf
skaaf [boodskap #138636] Mon, 27 December 2021 08:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21013
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Blokskaaf.
'n Blokskaaf.
skaaf
Afbreking: skaaf


Werkwoord: skaaf
Verlede tyd: het geskaaf

Betekenis:
• Om glad of dunner te skraap/skuur.
• (figuurlik) Om aan iets te werk en dit te verbeter.

Gebruik:
• Die vakman skaaf die plank tot die regte dikte.
• Ek skaaf nog so 'n bietjie aan my taak voordat ek dit inhandig.

Afgelei:
• afskaaf
• deurskaaf
• gladskaaf

Vertaling:
Engels: to plane, scrape; to improve
Nederlands: schaven


Selfstandige naamwoord: skaaf
Meervoud: skawe
Verkleinwoord: skafie
Meervoud van verkleining: skafies

Betekenis:
• Werktuig om iets dunner of glad te skraap.

Gebruik:
• 'n Skaaf het gewoonlik 'n plant onderste deel met 'n beitel wat skuins daarteen inwerk.

Afgelei:
• skaafbank
• skaafbeitel
• skaafblad
• skaafblok
• skaafgereedskap
• skaafkrul
• skaafmasjien
• skaafmerk
• skaafmes
• skaafmiddel
• skaafplank
• skaafplek
• skaafproses
• skaafsel
• skaafwerk
• skaafwond

Hiponiem:
• bankskaaf
• blokskaaf
• boorskaaf
• groefskaaf
• grofskaaf
• handskaaf
• hobbelskaaf
• lysskaaf
• kantskaaf
• kosynskaaf
• kraalskaaf
• neusskaaf
• ploegskaaf
• randskaaf
• ribskaaf
• roffelskaaf
• rondskaaf
• ryskaaf
• sleeskaaf
• soetskaaf
• spanningskaaf
• speekskaaf
• spookskaaf
• sterkarmskaaf
• tandskaaf
• vellingskaaf
• verdiepskaaf
• voorloperskaaf

Vertaling:
Engels: plane
Nederlands: schaaf

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: snykant
Volgende onderwerp: skaapwagter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 12:55:50 UTC 2025