Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » suier
suier [boodskap #138631] Sun, 26 December 2021 16:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21013
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
suier
Afbreking: sui•er


Selfstandige naamwoord: suier
Meervoud: suiers
Verkleinwoord: suiertjie
Meervoud van verkleining: suiertjies

Betekenis:
• Iets of iemand wat suig.
• Die deel van 'n motor of pomp wat onder druk in 'n silinder op en af beweeg.

Gebruik:
• 'n Seekat het suiers op sy arms.
• Die beweging van die suier word deur middel van 'n as met 'n vliegwiel in 'n draaibeweging omgesit.

Afgelei:
• bloedsuier
• duimsuier
• gesuier
• graansuier
• heuningsuier
• klipsuier
• opsuier
• pompsuier
• remsuier
• sandsuier
• stofsuier
• stoomsuier
• suierbuis
• suierklep
• suierkop
• suierpen
• suierpomp
• suierring
• suierslag
• suierstang
• suierveer
• suierwand
• uitsuier

Vertaling:
Engels: sucker; piston, plunger
Nederlands: zuiger

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: boef
Volgende onderwerp: afdop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 13:02:34 UTC 2025