| boef [boodskap #138630] |
So., 26 Desember 2021 14:15 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
boef
Afbreking: boef
Selfstandige naamwoord: boef
Meervoud: boewe
Verkleinwoord: boefie
Meervoud van verkleining: boefies
Betekenis:
• 'n Persoon wat onbehoorlik of misdadig optree.
Gebruik:
• Die polisie het die boef op heterdaad betrap.
Sinoniem:
• boosdoener
• booswig
• deugniet
• dief
• kwaaddoener
• maaifoedie
• misdadiger
• skelm
• skobbejak
• skurk
• smeerlap
• swernoot
• tronkvoël
• vuilgoed
Hiponiem:
• padboef
• straatboef
Afgelei:
• boefagtig
Vertaling:
Engels: villain, rogue, thug, rascal, scamp, crook
Nederlands: boef
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|