doodloopstraat [boodskap #138623] |
Sat, 25 December 2021 07:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21013 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
doodloopstraat
Afbreking: dood•loop•straat
Samestelling: doodloop + straat
Selfstandige naamwoord: doodloopstraat
Meervoud: doodloopstrate
Verkleinwoord: doodloopstraatjie
Meervoud van verkleining: doodloopstraatjies
Betekenis:
• 'n Straat wat doodloop; nie verder gaan nie.
• (figuurlik) 'n Moeilike situasie met geen uitweg; dooiepunt; impasse.
Gebruik:
• Ons het verdwaal en in 'n doodloopstraat vasgery.
• Die onderhandelinge het vinnig in 'n doodloopstraat vasgeval.
Sinoniem:
• cul-de-sac
• doodlooppad
• hokaaistraat
• keeromstraat
• sakstraat
Antoniem:
• deurgangstraat
• deurloopstraat
• deurpad
Vertaling:
Engels: dead end street
Nederlands: doodlopende straat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|