bybly [boodskap #138617] |
Thu, 23 December 2021 19:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21013 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bybly
Afbreking: by•bly
Samestelling: by + bly
Werkwoord: bly by, bybly
Verlede tyd: het bygebly
Betekenis:
• Om iets te onthou; in herinnering bly.
• Om nie agter te raak nie; byhou.
Gebruik:
• Dié dag se gebeure sal my altyd bybly.
• Die man het so vinnig gejaag dat die polisiemotor nie kon bybly nie.
Vertaling:
Engels: to retain; keep up, keep pace with
Nederlands: bijblijven
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|