naaldboom [boodskap #138616] |
Thu, 23 December 2021 19:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21013 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
naaldboom
Afbreking: naald•boom
Samestelling: naald + boom
Selfstandige naamwoord: naaldboom
Meervoud: naaldbome
Verkleinwoord: naaldboompie
Meervoud van verkleining: naaldboompies
Betekenis:
• Boom wat naalde in plaas van blare dra.
Gebruik:
• 'n Naaldboom dra nie blomme nie, maar eenslagtige keëls vir voortplanting.
Sinoniem:
• keëldraer
• konifeer
Antoniem:
• loofboom
Hiponiem:
• denneboom
• kersboom
• seder
• sipres
Verwant:
• naaldbos
Vertaling:
Engels: coniferous tree, conifer
Nederlands: naaldboom
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|