Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kweker
kweker [boodskap #138615] Thu, 23 December 2021 19:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21013
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
kweker
Afbreking: kwe•ker


Selfstandige naamwoord: kweker
Meervoud: kwekers
Verkleinwoord: kwekertjie
Meervoud van verkleining: kwekertjies

Betekenis:
• Iemand wat iets kweek (plante laat groei of visse teel).

Gebruik:
• Kolombië is die grootste kweker van angeliere ter wêreld.

Sinoniem:
• groeier
• teler

Afgelei:
• baardkweker
• blomkweker
• blommekweker
• bolkweker
• boomkweker
• groentekweker
• hiasintkweker
• katoenkweker
• mosselkweker
• oesterkweker
• rooskweker
• sitruskweker
• suikerkweker
• viskweker

Verwant:
• kweek
• kwekery
• kweking

Vertaling:
Engels: cultivator, grower, nurseryman
Nederlands: kweker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: slaapsug
Volgende onderwerp: naaldboom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 13:00:15 UTC 2025