Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hewel
hewel [boodskap #138611] Thu, 23 December 2021 15:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21013
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Hewel.
'n Hewel.
hewel
Afbreking: he•wel


Selfstandige naamwoord: hewel
Meervoud: hewels
Verkleinwoord: heweltjie
Meervoud van verkleining: heweltjies

Betekenis:
• Gebuigde buis (met 'n kort en 'n lang been) wat gebruik word om vloeistof van 'n hoër na 'n laer punt te tap.

Gebruik:
• Die afvoerpyp van 'n toilet is alledaagse voorbeeld van 'n hewel.

Sinoniem:
• sifon
• spuitfles

Afgelei:
• hewelpomp
• hewelwerking

Vertaling:
Engels: siphon
Nederlands: hevel


Werkwoord: hewel
Verlede tyd: het gehewel

Betekenis:
• Om vloeistof met so 'n apparaat te verplaas.

Gebruik:
• Petrol kan met behulp van 'n tuinslang uit 'n motor se tenk gehewel word.

Sinoniem:
• aftap
• oortap
• uitlei
• uittap

Afgelei:
• oorhewel

Vertaling:
Engels: to siphon, draw off
Nederlands: hevelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tweeledig
Volgende onderwerp: blyspel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 13:02:43 UTC 2025