stemmig [boodskap #138596] |
Sun, 19 December 2021 19:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21013 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stemmig
Afbreking: stem•mig
Byvoeglike naamwoord: stemmig
Vergrotende trap: stemmiger
Oortreffende trap: stemmigste
Attributief: stemmige
Partitief: stemmigs
Betekenis:
• Wat nie opvallend is in gedrag of voorkoms nie.
Gebruik:
• Die kerkdiens het stemmig verloop, totdat 'n muis onder die banke in gehardloop het.
Sinoniem:
• bedees
• besadig
• beskeie
• ernstig
• ingetoë
Antoniem:
• histeries
• vurig
Afgelei:
• stemmigheid
Vertaling:
Engels: grave, sedate, quiet, staid, sober
Nederlands: stemmig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|