korrelvat [boodskap #138590] |
Sat, 18 December 2021 21:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21013 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
korrelvat
Afbreking: kor•rel•vat
Samestelling: korrel + vat
Werkwoord: vat korrel, korrelvat
Verlede tyd: het korrelgevat
Betekenis:
• Om iets (soos 'n bal, vuurwapen of projektiel) op 'n mikpunt te rig.
Gebruik:
• Sy sien hoe soldaat korrelvat en die vyand tussen die oë skiet.
Sinoniem:
• aanlê
• dooierus neem
• korrel
• mik
Vertaling:
Engels: to take aim, target
Nederlands: op de korrel nemen, mikken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|