uitspansel [boodskap #138589] |
Sat, 18 December 2021 20:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uitspansel
Afbreking: uit•span•sel
Samestelling: uitspan + -sel
Selfstandige naamwoord: uitspansel
Meervoud: uitspansels
Verkleinwoord: uitspanseltjie
Meervoud van verkleining: uitspanseltjies
Betekenis:
• Die deel van die hemelruim wat van die aarde af sigbaar is.
Gebruik:
• God het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uitspansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel is. [Genesis 1:7]
Sinoniem:
• firmament
• hemelgewelf
• hemelkoepel
• hemelsfeer
• hemelruim
• lugruim
• sterrehemel
Vertaling:
Engels: firmament, heavens, sky
Nederlands: uitspansel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|