grafsteen [boodskap #138588] |
Sat, 18 December 2021 20:15 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21013 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
grafsteen
Afbreking: graf•steen
Samestelling: graf + steen
Selfstandige naamwoord: grafsteen
Meervoud: grafstene
Verkleinwoord: grafsteentjie
Meervoud van verkleining: grafsteentjies
Betekenis:
• Steen wat die aanwesigheid van 'n graf merk (gewoonlik met die naam en ander gegewens oor die gestorwene).
Gebruik:
• Die grafsteen lui: "Hier rus my dierbare eggenoot en ons moeder."
Hiperoniem:
• gedenksteen
Hiponiem:
• sarkofaag
Afgelei:
• granietgrafsteen
• grafsteenmaker
• grafsteenmakery
Vertaling:
Engels: gravestone, tombstone
Nederlands: grafsteen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|